Vier jong Namibiërs wat vanjaar vir die eerste keer by die Blou Bulle se rugby-akademie gekontraktee
- May 11, 2017
- 1 min read

Die flanke Prince !Gaoseb (foto) en Peter Diergaardt, die vleuel Luke Jansen en die skrumskakel Jay-C Olivier sal almal uitdraf wanneer die jong Blou Bulletjies komende Saterdag teen die Goue Leeus op Garsfontein speel (afskoptyd om 13:00 RSA tyd). Die vriendskaplike ontmoeting sal dien as opwarming vir die o.19's se provinsiale reeks. Tot verlede jaar het !Gaoseb by Windhoek Hoërskool skoolgegaan; Diergaardt was in Windhoek Gimnasium, Jansen kom uit Walvisbaai Privaat Hoërskool en Olivier is 'n produk van Windhoek Afrikaanse Privaatskool.

























Comments