Inwoners van Rehoboth is woedend oor die talle waterprobleme wat gereeld op die dorp opduik.
- May 11, 2017
- 1 min read

Die woordvoerder van die Rehoboth-stadsraad, mnr. Jeffrey Kasupi, het gesê hulle is bewus van die probleem en talle klagtes is reeds deur die munisipaliteit ontvang. Volgens hom is daar aan die hooflyn gewerk en is die pype moontlik beskadig, wat die rede vir die sand in die water kan wees. NamWater is genader vir kommentaar, maar sy woordvoerder, mnr. Johannes Shigwedha, het gesê hy wag nog op terugvoering van sy aanleg.

























Comments