top of page

Verskeie dorpe in die Zambezi streek, is nou deur vloedwater omring.

  • Mar 29, 2017
  • 1 min read

Die Goewerneur van Zambezi, Alufea Sampofu, het inwoners in vloed gebiede versoek om nie tot die laaste te wag, om hulself en hul vee te verskuif nie. Sampofu het die gemeenskap herinner dat Namibië ekonomiese uitdagings in die gesig staar, en dat die regering nie in staat is om vloedslagoffers soos in die verlede te help nie. Die Goewerneur het gewaarsku dat die vloedwater nog erger kan word aangesien die meeste strome hulle walle oorstroom het. Hy sê die plaaslike Risiko en Rampbestuur Eenheid het reeds hervestigings sentrums geïdentifiseer, vir diegene wat bereid is om te hervestig. Gebiede in vloedvlaktes, kan nie meer per pad bereik word nie.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page