Brittanje het nuwe veiligheidsmaatreëls ingestel waarvolgens skootrekenaars, tablette en groot slimf
- Mar 22, 2017
- 1 min read

Dit volg nadat die Amerikaanse regering soortgelyke toestelle op regstreekse vlugte na Amerika van agt oorwegend Moslemlande verbied het. Die departement van binnelandse veiligheid sê alle elektroniese toestelle wat groter is as 'n slimfoon moet in die bagasieruimte gelaai word vir vlugte na Amerika van tien lughawens, insluitende Doebai, Abu Dhabi, Kaïro en Istanboel. Mediese toestelle word uitgesluit, terwyl terugvlugte van Amerika nie geraak word nie. Die departement sê die verbod volg op nuwe intelligensie waarvolgens terroristegroepe aggressief innoverende metodes soek om kommersiële vlugte te teiken, insluitende die smokkel van plofstof in verbruikersartikels.

























Comments