Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het verskeie vlugte na Noord-Amerika gekanselleer weens die winterstorm
- Mar 15, 2017
- 1 min read

Twee vlugte van Johannesburg na Washington en nog twee na New York se John F. Kennedy-lughawe is gekanselleer. Intussen berig die AFP-nuusagentskap dat ongeveer twee-duisend vlugte deur die storm geraak word. Lughawens in veral New York, Boston, Baltimore, Washington en Philadelphia sal die ergste deur die storm getref word. Swaar sneeu is vir New York voorspel in een van die ergste winterstorms van die seisoen.

























Comments