top of page

Die veertigste Kaapstadse Fietstoer, vroeë bekend as die Argus, is gisteroggend afgelas weens stormw

  • Mar 13, 2017
  • 1 min read

Altesaam 35-duisend fietsryers sou aan die wedren om die Kaapse skiereiland deelneem. Organiseerders sê hulle betreur die besluit, maar die fietsryers se veiligheid was die belangrikste oorweging. Hulle sê hulle het die besluit in oorlegpleging met al die nooddienste en die gesamentlike operasionele sentrum in Kaapstad geneem. Hulle sê stormwinde van meer as 100 kilometer per uur in die gebied het gevaarlike toestande vir fietsryers geskep, terwyl die roete waarop die fietstoer sou plaasvind, ook vir brandweer- en ander nooddiensvoertuie oopgestel moes word om brande in die omgewing te bereik wat deur die wind aangeblaas word. Die direkteur van die fietstoer, David Bellairs, se die 35-duisend fietsryers wat geregistreer het om aan die Kaapstadse Fietstoer deel te neem, sal nie hul registrasiegeld terugkry nie. Hy sê die toer word gehou om geld vir welsynsorganisasies in te samel en nagenoeg 120 organisasies sal daaronder ly indien hulle nie die geld ontvang nie.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page