top of page

Die Stormers het gister op Nuweland koning gekraai en die Bulls met 37-24 geklop.

  • Feb 27, 2017
  • 1 min read

Teen rustyd het die Stormers 24 punte gehad, terwyl die Bulls nog nie 'n enkele punt aangeteken het nie. Binne die eerste paar minute van die tweede helfte het die Bulls egter hul veglus getoon deur hul eerste drie te druk. Hulle het die vierde drie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk. Vroeër het die Jaguares die Kings in Port Elizabeth laat les opsê. Die Argentyne was teen rustyd voor met 19 teenoor 12. Die Kings het probeer om terug te veg, maar moes die aftog blaas. Die besoekers het gewen met 39-26. Die Lions het ook hul wedstryd teen die Cheetahs met 28-25 gewen.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page