Die Irakse weermag het twee distrikte in die weste van Mosoel herower tydens sy opmars na die stad.
- Feb 27, 2017
- 1 min read

Die weermag is glo naby een van Mosoel se vyf brûe oor die Tigrisrivier. Regeringsmagte het 'n maand gelede die oostelike oewer van die Islamitiese Staat herower en sodoende 'n belangrike fase in hul offensief voltooi. Tydens die gevegte het sowat tweeduisend vyfhonderd burgerlikes gevlug op soek na kos en mediese sorg in die gebied wat nou deur die regering beheer word. Talle vegters van die Islamitiese Staat is in die gevegte dood en regeringsmagte het ook verliese gely.

























Comments