President Robert Mugabe van Zimbabwe het gister sy 93ste verjaarsdag gevier.
- Feb 22, 2017
- 1 min read

Mugabe se verjaardag is 'n nasionale geleentheid in dié land en staan bekend as die 21 Februarie-beweging. Vanjaar se vieringe is by die Matoppo-heuwels in Matabeleland-Suid gehou. Volgens berigte is sowat honderdduisend gaste by die geleentheid verwag en 150 beeste is daarvoor geslag. Mugabe se Zanu-PF-party het hom reeds as hul kandidaat vir volgende jaar se presidentsverkiesing bekragtig.

























Comments