Namibië se ekonomie sal na verwagting binne die volgende twee tot drie jaar herstel.
- Feb 22, 2017
- 1 min read

Die Minister van Finansies, Calle Schlettwein het dit gesê toe hy parlementslede en ander rolspelers oor die toestand van die ekonomie in Windhoek toegespreek het. Schlettwein het die huidige finansiële probleme aan uitdagings toegeskryf wat nie net Namibië, maar die hele SAOG-streek raak. Die Minister het Namibië se hoë skuldvlak, lae Bruto Binnelandse Produk en lae belastinginkomste as die groot negatiewe impak op die ekonomie uitgesonder. Die NBC berig dat die afwaartse graderings van Namibië se ekonomie daartoe gelei het dat sommige beleggers onttrek het.

























Comments