Rusland se ambassadeur in die VSA, Witali Tjurkin, is in sy kantoor in New York dood.
- Feb 21, 2017
- 1 min read

Hy was 64 jaar oud. Die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake het geen besonderhede oor Tjurkin se dood bekendgemaak nie. Die ambassadeur was 'n strydlustige verdediger van Rusland se beleid, veral die land se bombardering van die Siriese stad Aleppo. Toe die Amerikaanse gesant by die Verenigde Nasies, Samantha Power, Rusland verlede jaar daarvan beskuldig het dat hy aanspreeklik is vir die gruweldade in Sirië, het Tjurkin gesê sy tree soos Moeder Teresa op en vergeet van Amerika se optrede in die Midde-Ooste.

























Comments