Die Weerkantoor in Windhoek sê alle bedreiging van sikloon Dineo is verby.
- Feb 21, 2017
- 1 min read

Wat tans landwyd ervaar word, is ‘n laagdrukstelsel wat met matige tot swaar donderbuie en ligte winde gepaard gaan. Frans !Urab van die weerkantoor sê daar is ook geen aanduiding van vloede of enige ernstige gevaar wat tot sterftes of beserings kan lei nie. Die tropiese storm het oor verskeie lande op die subkontinent beweeg, maar het sterkte oppad na Namibië verloor.

























Comments