top of page

Die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbronne sal nog reageer op ‘n voorstel deur ‘n Sjinese maa

  • Feb 15, 2017
  • 1 min read

Die voorstel is verlede jaar deur twee maatskappye naamlik Welwitschia Aquatic en Wildlife Scientific Research ingedien. Die maatskappye wil soogdiere in Namibiese waters vang en hulle vir teeldoeleindes uitvoer. Minister Bernard Esau sê sy ministerie het die voorstel bestudeer, wat die doel het om honderde verskillende spesies insluitend walvisse, robbe, Afrika pikkewyne, dolfyne en haaie te vang. Die NBC berig dat die Sjinese maatskappy volgens ‘n verslag beweer dat hulle sowat 300-miljoen dollar in die teel, bewaring en bestuur van beskermde spesies sal belê. Esau het egter beklemtoon dat Namibië tans deur ‘n ernstige tekort aan sekere see- en visspesies in die gesig gestaar word.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page