Die Amerikaanse president, Donald Trump en die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu vergad
- Feb 15, 2017
- 1 min read

Die Trump-administrasie het tot dusver min tot geen reaksie gehad op Israel se aankondiging dat sesduisend nuwe huise in nedersettings aan die Wesoewer en die ooste van Jerusalem gebou sal word nie. Trump het wel in 'n onderhoud met 'n Israelse koerant gesê dat hy nie dink dat die vestiging van die nedersettings goed kan wees vir die vredesproses nie. Hy het ook die Palestyne ontstel toe hy gesê dat hy ernstig oorweeg om die Amerikaanse ambassade in Israel van Tel Aviv na Jerusalem te verskuif.

























Comments