top of page

President Hage Geingob het ‘n beroep op die Namibiese howe gedoen om strenger straf vir oortreders o

  • Feb 10, 2017
  • 1 min read

Dr Geingob het spesifiek melding gemaak van gevalle waarby renosters en olifante betrokke is. Hy sê die vlaag van stropery noodsaak vonnisse wat die werklike erns van sulke misdade weerspieël en die gevaar wat sulke misdade vir natuurlike hulpbronne en Namibië se hoogs aangeskrewe bewarings poging inhou. Die president het die oproep gemaak terwyl hy regslui en personeel van die regbank gister tydens die amptelike opening van die 2017 regsjaar in Windhoek toegespreek het.

‘n Geskatte 266 gevalle van wildstropery is sedert die begin van laas jaar aangemeld en 231 verdagtes is in hegtenis geneem. Die regering het opgehoopte horings van wit en swart renosters wat sowat 932 kilogram weeg. Die horings is van stropers gekonfiskeer en van die regering se onthoring-projek versamel.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page