Reddingswerkers poog om by afgeleë dorpe in Afghanistan uit te kom nadat minstens 119 mense dood is
- Feb 7, 2017
- 1 min read

Tot twee meter se sneeu het die naweek in sommige gebiede van Afghanistan geval. Die minister van Rampbestuur, Wais Ahmad Barmak sê dit is moontlik dat sommige mense steeds onder sneeu vasgekeer kan wees. Drie-en-sestig van die slagoffers was in die bergagtige Nuristan-provinsie by die oostelike grens met Pakistan. Sowat 200 huise is vernietig, talle paaie is gesluit en meer as 400 stuks vee is dood.

























Comments