Jongmense op Rehoboth wil meer ontspanningsgeriewe en sport-aktiwiteite hê, in ‘n poging om alkohol-
- Feb 7, 2017
- 1 min read

Die NBC berig dat alkohol- en dwelmmisbruik onder jongmense ‘n bron van kommer in meeste dele van Namibië is, en Rehoboth is geen uitsondering nie. ‘n Jeug aktivis, Tanswell Rooinasie sê die enigste vermaak wat jongmense ken is om sjebiens en kroeë te besoek, wat bykans in elke straat gevind word. Hy vra dat aktiwiteite vir jongmense gesamentlik deur die regering, ouers en skole ontwikkel moet word. Rooinasie moedig terselfdertyd jongmense aan om aan aktiwiteite soos jeuggroepe en skoonmaak veldtogte deel te neem, sowel as om bejaardes te help.

























Comments