Die Turkse veiligheidsdienste het minstens 420 vermeende lede van IS in 'n reeks klopjagte in he
- Feb 6, 2017
- 1 min read

Dit is na wat berig word die grootste operasie van sy soort sedert talle mense in 'n IS-aanval op 'n Istanboelse nagklub verlede maand dood is. Sowat 'n derde is in die suidoostelike streek naby die Siriese grens aangekeer. 60 verdagtes, meestal buitelanders, word in die hoofstad Ankara aangehou. Die Turkse weermag plaas tans druk op die militante in grootskaalse oorgrensoperasies in die noorde van Sirië. Dit laat egter die moontlikheid ontstaan dat IS 'n teenaanval kan loods.

























Comments