Die Rehoboth-gemeenskap is teleurgesteld omdat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling,
- Jan 31, 2017
- 1 min read

Volgens die gemeenskapsaktivis, Abraham Kheibeb, het Shaningwa beloof om by dié vergadering inwoners oor aanbevelings in ‘n ondersoekende verslag van Januarie verlede jaar, toe te spreek. In die verslag word onder meer gesê Willie Swartz se vrywillige bedanking in die middel van 2015 moenie teruggetrek word nie. Die dorpsraad is 60 dae (tot 23 Januarie) gegee om Swartz uit sy pos te ontslaan. Swartz is steeds op kantoor in sy voormalige amp as menslike hulpbronnebestuurder. Shaningwa het ook gedreig om die dorpsraad te laat ontbind, sou hy nie die aanbevelings in die interne verslag uitvoer nie. Dit is nie duidelik of die minister die dreigement gaan deurvoer nie.

























Comments