top of page

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, sê sy is tevrede met hui

  • Jan 31, 2017
  • 1 min read

Shaningwa het die bouterrein van die nuwe behuisingsprojek besoek waar werk verlede jaar begin is. Sy het gesê sy is tevrede met die vordering en het die burgemeester beveel om kontrakteurs wat aan die bouvereistes voldoen het, in te lig dat hulle met die konstruksie van meer as 1 200 huise kan voortgaan. Die minister het herhaal sy stel nie in huise duurder as N$500 000 belang nie en het gesê sy sal slegs huise oorweeg wat tussen N$200 000 en N$500 000 kos. Verskeie finansiële instansies was positief oor die projek. Standard Bank het die terrein besoek en gesê hulle sal verbande verskaf vir die huise wat gebou word. FNB het dieselfde gedoen. Die plan is dat meer as 'n duisend bekostigbare huise op spesifieke terreine deur dié inisiatief opgerig sal word, met sowat 2 000 huise wat in Walvisbaai gebou sal word.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page