Drikus Coetzee, internasionale driekampatleet, het gister sy eerste groot oorwinning as padfietsryer
- Jan 30, 2017
- 1 min read

Coetzee het die tweede byeenkoms van die 2017 Nedbank Windhoek Pedal Power padfietsreeks in die omgewing van Brakwater en Döbra ingepalm. In die roete oor 98 kilometer het hy voor Fiffy Kashululu (NCCS) en Adriaan Maartens (Get Graphics) oor die eindstreep gejaag. Die vorige naweek se eerste byeenkoms by Dordabis is deur Till Drobisch gewen. Die Nedbank-reeks bestaan uit ses byeenkomste. Die vroueresies oor 70 km is deur Michelle Doman gewen.

























Comments