Die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing se begroting kan met 40% gesny word.
- Jan 30, 2017
- 1 min read

Die minister, dr. Itah Kandjii-Murangi, het aan die pers gesê haar ministerie se begroting kan met N$1,5 miljard verminder word. In daardie geval sal die ministerie gedwing word om moeilike besluite te neem. Sekere projekte sal gestaak moet word. Sy beplan om vanjaar nóg twee tegniese opleidingsentrums te bou – een op Khorixas en een in Omuthiya. Kandjii-Murangi wil so 'n sentrum ook in die Hardapstreek laat bou, maar of dit moontlik is, is nog nie finaal besluit nie.

























Comments