Die 46-jarige Russiese kaptein van die Comotto tide van Vanautu Pacific het Vrydag na bewering 4 224
- Jan 30, 2017
- 1 min read
Die diesel en die N$45 830 wat hy ontvang het, is deur die polisie gekonfiskeer. Die man is in hegtenis geneem en sal vandag in die landdroshof op Swakopmund verskyn. Twee seuns is na bewering in die Donkerhoek informele nedersetting in Khorixas deur 'n man verkrag. 'n Sewejarige seun en sy agtjarige maatjie het by 'n waterpoel gaan speel en is volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoof-inspekteur Kauna Shikwambi, glo in die waterpoel gegooi en verkrag. Die seuns is in die hospitaal opgeneem. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. 'n Saak van verkragting en poging tot moord is deur die polisie geopen. Twee Botswana-burgers, onderskeidelik 36 en 50 jaar, is by die Sila-nedersetting langs die Choberivier in die Zambezi-streek in hegtenis geneem. Volgens hoof-inspekteur Kauna Shikwambi van die Namibiese polisie, het hulle probeer om tydens 'n polisie-operasie vyf olifanttande te verkoop. Die vermoede is dat die tande per boot van Botswana na Namibië gebring is.


























Comments