top of page

Twee Chinese mans is Donderdagaand in Windhoek tydens 'n polisieklopjag met twee renosterhorings

  • Jan 23, 2017
  • 1 min read

Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is die Chinese omstreeks 22:00 met twee renosterhorings en 'n haelgeweer in hul besit by die Berghof-woonstelblok in die Eros-woonbuurt in hegtenis geneem. Die twee Chinese verskyn vandag in die landdroshof in Windhoek.

Intussen het nog 'n Chinees, Ye Zhiwei (28), wat op 23 November met 18 renosterhorings deur die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geglip en op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo betrap is, verlede Dinsdag in Kempton Park se landdroshof skuldig gepleit. Ye verskyn op 10 Februarie in die hof vir vonnisoplegging.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page