‘n 24-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met ‘n moord wat Vrydag op Swakopmund aangeme
- Jan 23, 2017
- 1 min read

Bianka Waundja is dood nadat sy na bewering tydens ‘n stryery deur haar kêrel met ‘n klip aangerand en met ‘n mes gesteek is. Die voorval het in die DRC-woonbuurt plaasgevind. Die verdagte sal vandag in die landdroshof op Swakopmund verskyn. Op Rehoboth is Howard Coetzee Saterdag oorlede. Hy is in Blok G in Kivukiland na bewering deur sy swaer met ’n mes in die linkerkant van sy bors gesteek. Die rede vir die aanval is nog onbekend. Coetzee het op pad na die hospitaal beswyk. Die 34-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die polisie-ondersoek duur voort

























Comments