Twee van die vyf beskuldigdes in die moord op mnr. Hans Möller beweer die reserwemagbeamptes verantw
- Jan 19, 2017
- 1 min read

Die beskuldigdes, Gotlieb Panduleni , David Tashiya , David Shekundja , Elly Hinaivali en Malakia Shiweda het gister voor landdros John Sindano op klagte van moord, inbraak met die opset om te roof, roof en poging tot moord verskyn. Die landdros het borgtog geweier en die saak is vir verdere ondersoek tot 28 Februarie uitgestel. Wyle Möller se vrou, me. Carol-Anne Möller, hou vol daar is agt mense betrokke by die moord op haar man. Sy het 'n beloning van N$50 000 per persoon (N$150 000 in totaal) uitgereik vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die drie ander verdagtes wat steeds op vrye voet is.

























Comments