top of page

Intieme verhoudinge tussen onderwysers en leerlinge kom algemeen in veral plattelandse skole in Nami

  • Jan 18, 2017
  • 1 min read

Die DTA van Namibië se lid wat na onderwysaangeleenthede omsien, me. Elma Dienda, het dit as “kommerwekkend” beskryf en verwys na 'n voorval waarin 'n 56-jarige onderwyser, Moses Shingo, na bewering die borste van 'n graad 9-leerling betas het. Shingo se verweer was glo dat hy wou vasstel of sy swanger is. Die feit dat die onderwyser bloot 'n boete ontvang en onmiddellik na die skool teruggekeer het, is volgens Dienda'n duidelike teken dat “nóg die howe nóg die skoolstelsel” voorvalle van seksuele aanranding van leerlinge deur onderwysers met die erns hanteer wat dit verdien. Dienda het 'n beroep gedoen op die kinderadvokaat wat kragtens die Kindersorg en Beskermingswet (2015) in die kantoor van die ombudsman gesetel is, om die Shingo-voorval, sowel as ander ongeoorloofde verhoudinge tussen leerlinge en onderwysers te ondersoek.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page