Brian Kinghorn en sy vrou Pam is Maandag uit die polisieselle vrygelaat.
- Jan 18, 2017
- 1 min read

Die egpaar is Woensdag by hul huis op Brakwater in hegtenis geneem en was tot Maandag in aanhouding. Die Kinghorns is daarvan aangekla dat hulle langer in die land is as waarvoor hul wettige werkpermitte geldig is. Hulle wag egter steeds op 'n antwoord oor 'n appèlsaak rakende hul permanente verblyf. Beide Brian en Pam is deur die hof 'n boete opgelê. Die egpaar het in 2003 die liefdadigheidsorganisasie Beautiful Kidz in Katutura begin. Die afgelope 14 jaar bied die sentrum nie net onderrig en maaltye aan die armste van die armste kinders nie, maar word die kinders leer lees, terwyl hulle ook in kuns en spanwerk onderrig word.

























Comments