Saterdag het vier mense in 'n ongeluk 15 km buite Rundu gesterf en vyf is beseer.
- Jan 17, 2017
- 1 min read

'n Bakkie en 'n vragmotor het gebots nadat die bakkiebestuurder glo beheer oor sy voertuig verloor het en in 'n ander baan inbeweeg het. Volgens adj.komm. Willie Bampton van die Kavango-Oosstreek, is die oorledenes tussen 22 en 31 jaar oud. Die vierde oorledene is nog nie geïdentifiseer nie. Die bestuurder van die vragmotor, 'n Zambiese burger, het geen beserings opgedoen nie.

























Comments