'n Vrou in wie se sorg 'n 11 maande oue baba vier jaar gelede in Pionierspark verdrink het,
- Jan 17, 2017
- 1 min read

Me. Catherina Agnes van den Bergh het meer as vier jaar ná die tragiese voorval waarin Ferreira Scholtz verdrink het, uitspraak gekry in die saak waarin sy beskuldig is van strafbare manslag en die onwettige bedryf van 'n dagsorgsentrum. Ferreira het op 20 November 2012 in die swembad by haar huis verdrink. Hy het klaarblyklik in 'n onbewaakte oomblik, toe al die kinders in haar sorg in 'n geslote kamer gerus het, by die huis uitgeglip en in die swembad geval. Regsverteenwoordigers van die staat en die beskuldigde sal op 30 Januarie betoë vir versagtende en verswarende omstandighede lewer vir die doeleindes van vonnisoplegging.

























Comments