top of page

Die bestuurder van 'n enkelkajuitbakkie wat Sondagoggend op Walvisbaai gerol en byna op 'n b

  • Jan 17, 2017
  • 1 min read

Volgens hoofinsp. Erastus Iikuyu van die Namibiese polisie in die Erongostreek het die ongeluk omstreeks 01:30 plaasgevind. Die bestuurder en sy drie passasiers was glo in Sam Nujoma-laan van Kuisebmund na die middedorp onderweg toe die bestuurder versuim het om by 'n rooi verkeerslig langs die Shell-vulstasie te stop. Hy het glo beheer oor die voertuig verloor en in 'n palmboom langs die pad vasgejaag. Die bakkie het verskeie kere gerol en langs 'n brandstofpomp te lande gekom. Twee persone het onderskeidelik ernstige en ligte beserings opgedoen en is na 'n hospitaal op Walvisbaai vir behandeling geneem. Volgens Iikuyu sal die beskuldigde vandag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page