Mense in kommunale gehuggies van Damaraland rondom Uis is sedert Vrydag die eerste keer in maande me
- Jan 16, 2017
- 1 min read

Sedert verlede week is die veldtog om drinkwater op Uis te kry ook georden in ‘n noodwaterplan wat onder aanvoering van mnr. Chris Theron van Walvisbaai staan. Theron het gister aan Republikein gesê Uis se waternood kan nog tot drie maande voortduur. Hy het ook beklemtoon dat sedert Donderdag met elke saakmakende instansie oor die watersituasie geraadpleeg is en dat samewerking nou op alle vlakke bewerkstellig is. Op Uis is ook ‘n verspreidingspunt geskep waarvandaan hulp versprei word. Daar gaan al hoe meer op die verspreiding van water in 5 liter-kanne gekonsentreer word. Bystand word nou gekoördineer en die klem val op vyf liter-kanne . Theron meen sedert verlede week met die noodplan begin is, is sowat 90 000 liter water reeds op Uis en in die omgewing versprei.

























Comments