n Voorval in die nagtelike ure van gisteroggend op die pad tussen Otjiwarongo en Okahandja kan as ‘n
- Jan 12, 2017
- 1 min read

Lede van Otjiwarongo se distrikswag het in die nag sowat 5 km buite die dorp op die pad na Okahandja op ‘n ouer model blou Ford Fiesta afgekom. Dit was die derde keer wat vermeende stropers aangekeer is wat van dié voertuig gebruik gemaak het. Terwyl die ondersoek nog op die toneel aan die gang was, het nog vier vermeende wilddiewe in ‘n tweede voertuig betrokke geraak, blykbaar om bystand aan die man in die Fiesta te gee. Op die tweede voertuig was twee gemsbokke wat deur die bosslagters uitmekaar gemaak was. Al vyf die mans in die twee voertuie is deur die polisie in hegtenis geneem en het die res van die nag in die selle deurgebring met klagstate wat voorberei was.

























Comments