Dit lyk of vakansiegangers en inwoners aan die kus hulle hierdie jaar beter gedra het.
- Jan 10, 2017
- 1 min read

Vir die tydperk tussen Desember 2016 en Januarie 2017 is 1 035 dagvaardings vir verkeersoortredings uitgereik wat in total ongeveer N$1,1 milljoen beloop. Tydens verlede jaar se feesseisoen is 1 485 dagvaardings vir verkeersoortredings uitgereik. Altesaam 49 motoriste is die afgelope vakansie vir dronkbestuur gearresteer. Dit is sewe motoriste meer as verlede jaar. Tussen Desember 2014 en Januarie 2015 is 38 motoriste gearresteer. Ook minder ongelukke is hierdie jaar aangemeld: 221 vir Desember tot Januarie 2016/17, 231 verlede jaar en 334 die jaar daarvoor. Wat minder ernstige ongelukke betref, is 27 in die loop van vanjaar se feesseisoen aangemeld, teenoor die 16 beserings wat laas jaar aangemeld is. Nege mense is ernstig gewond in padongelukke die afgelope vakansie, 11 tydens die 2015/16 feesseisoen en 20 die jaar daarvoor. Vanjaar was daar drie sterftes, laas jaar agt en 15 die jaar daarvoor.

























Comments