Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het goeie vordering gemaak met die nasien van die eksam
- Jan 6, 2017
- 1 min read

Die uitslae sal op 12 Januarie bekend gemaak word. Verlede jaar het 51 120 kandidate van wie 21 104 voltydse studente en 30 016 deeltydse studente was, vir die graad 12 Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat-eksamen (NSSCO) geregistreer. Hulle het die eksamen by 175 senior sekondêre skole en 122 deeltydse onderrigsentrums landwyd afgelê.
Altesaam 812 nasieners in vergelyking met die 805 in 2015 was betrokke.
Die uitslae sal op die webwerf van die direktoraat van nasionale eksamens en evaluering by www.dnea.gov.na en ook op die webwerf van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur by www.moe.gov.na beskikbaar wees.

























Comments