top of page

Die getal mense wat nou aangekla word van bedrog en korrupsie by die kantoor van die ontvanger van i

  • Jan 6, 2017
  • 1 min read

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle tussen 1 April 2013 en November 2016 die tesourie uit N$2 220 781 geswendel het. 'n Sterk moontlikheid bestaan dat nog inhegtenisnemings kan volg namate die ondersoek voortduur. Na bewering het drie van die be­skuldigdes wat by die ontvanger van inkomste op Walvisbaai werksaam was, vals LBS-sertifikate (lopende betaalstelsel) uitgereik. Hulle het die name van ongeveer 21 medepligtiges gebruik wat uit vriende en familielede bestaan, en daarna die sertifikate geprosesseer. Dit het tot onverdiende terugbetaling van belasting gelei waarop die veiligheid- en risikobestuurspan van die ministerie van finansies afgekom het. Die inhegtenisneming van die eerste ses beskuldigdes het daarna gevolg.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page