Die polisie het bevestig dat ‘n senior belastingbeampte verbonde aan die ministerie van finansies op
- Jan 4, 2017
- 1 min read

Speur-hoofinspekteur Moses Uwu Khaeb sê ‘n vroulike verdagte, wat daarvan verdink word dat sy by die bedrogspul betrokke was, het haarself gister aan die polisie op Walvisbaai oorgegee. “Sy is in hegtenis geneem en sal vandag saam met tien ander verdagtes wat reeds in verband met die saak aangekeer is, in die hof verskyn.” Dit word beweer dat die beskuldigdes, van wie vier werknemers van die departement van binnelandse inkomste van die ministerie van finansies op Walvisbaai is, bedrog van N$2 220 781 tussen 1 April 2013 en November 2016 gepleeg het.

























Comments