‘n Russiese boot, die Ryazanovka, wek ernstige kommer onder Namibiese bewaringsinstansies waar dit s
- Jan 3, 2017
- 1 min read

Die boot met ‘n Russiese bemanning, maar met blykbare skakeling met Chinese instansies, is toegerus vir vangste van bedreigde spesies soos die bottelneusdolfyne waarvan nog net ‘n geskatte twintig tot dertig in die seegebied naby Walvisbaai voorkom. Die Ryazanovka met sy gesofistikeerde vangtoerusting het die eerste keer aandag geniet toe dit teenoor Pelikaanpunt naby Walvisbaai gelê het, ondanks ‘n verbod op enige vangste in die Namibiese seegebied. ‘n Lisensie vir die gebruik van die nette is nie aan die boot toegeken nie. Saterdag het die boot sy ligging verander en teenoor Langstrand anker gegooi. Dit is steeds binne die gebied tussen Swakopmund en Walvisbaai waar die paar bottelneusdolfyne nog aangetref word.

























Comments