Die Namibies-gebore dr. Japie van Zyl, mededirekteur van Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL)
- Dec 23, 2016
- 1 min read

Die bekroonde ruimtewetenskaplike, wat onder meer met die gesogte goue Nasa-toekenning vir uitstaande leierskap spog en aan wie die Universiteit van Stellenbosch onlangs ’n eredoktorsgraad toegeken het, het verlede Donderdag sommer ook ’n praatjie op Walvisbaai ingewerk. Hy sê hy was verbaas om te sien hoeveel kinders dit bygewoon het – veral meisies – en oor die goeie vrae wat gevra is. Hy bied graag praatjies hier en in Suid-Afrika aan omdat hy glo hy moet teruggee aan Namibië en Afrika.

























Comments