Die klein foksterriër wat Sondag in 'n motorongeluk buite Arandis betrokke was, word steeds verm
- Dec 20, 2016
- 1 min read

Intussen het verskeie lede van die gemeenskap die soektog na Boesman uitgebrei en word selfs viertrekvoertuie en motorfietse ingespan om die hondjie te soek. Boesman was saam met sy eienaar,en nog 'n passasier, na Swakopmund onderweg toe hul voertuig glo die pad sowat 10 kilometer wes van Arandis verlaat en verskeie kere gerol het. Die boodskap oor die soektog na Boesman het sedert Sondag blitsig op sosiale media-platforms soos Facebook en WhatsApp versprei.
• Enige iemand wat Boesman wil help soek of wat hom gesien of gevind het, kan Este-Marie by 081 275 5481 of Leigh by 081 124 1322 skakel.

























Comments