top of page

Hartley oor vingers getik

  • Dec 16, 2016
  • 1 min read

Dylan Hartley, kaptein van Engeland se rugbyspan, is Woensdag ná afloop van ’n onafhanklike tugverhoor in Londen vir ses weke geskors.

Nadat Hartley verlede naweek vir Sean O’Brien met ’n stywe arm in Northampton se Europese Kampioenebeker-wedstryd teen Leinster uitgeslaan het, is hy deur die Franse skeidsregter, Jérôme Garcès, met ’n rooikaart van die veld gestuur.

’n Onafhanklike tugkomitee bestaande uit die voorsitter Simon Thomas van Wallis, Rhian Williams (Wallis) en Marco Cordelli (Italië), het Hartley se saak aangehoor. Die komitee het bevind dat die rooikaart regverdig was en die haker het skuld erken.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page