DRK: Owerhede beveel blokkasie van sosiale mediadienste
- Dec 16, 2016
- 1 min read

Die kommunikasie-owerhede in die Demokratiese Republiek die Kongo het internet diensverskaffers beveel om van Sondagaand af alle sosiale mediadienste te blokkeer.
Twitter, Facebook en Whatsapp is van die dienste wat beïnvloed sal word.
Dit word gesien as `n poging om alle teenstand teen president Joseph Kabila te probeer bekamp.
Kabila, wat sedert 2001 aan bewind is, beplan om in sy pos aan te bly al verstryk sy termyn aanstaande week. Hy beplan nie om verkiesings voor April 2018 te hou nie.

























Comments