Die adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernardus Swartbooi, ontken dat hy aangebied het om uit
- Dec 15, 2016
- 1 min read

Dit volg nadat die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, Dinsdagaand ‘n verklaring uitgereik het waarin gesê is dat Swartbooi aangebied het om te bedank nadat hy verseg het om verskoning te vra vir kritiek teen die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma. Tydens ‘n vergadering Dinsdag by Staatshuis het pres. Hage Geingob geëis dat Swartbooi vir sy gedrag verskoning vra.
Swartbooi het gesê hy het nie ‘n bedankingsbrief ingedien nie. Hy sê hy sal nie sy kantoor verlaat alvorens hy nie ‘n brief gekry het waarin hy afgedank word nie. Volgens Swartbooi moet dit op “swart op wit” wees dat hy afgedank is.

























Comments