Volgens die president het Namibië maar min skatryk mense, veral in terme van Amerikaanse dollar-milj
- Dec 14, 2016
- 1 min read

President Hage Geingob het tydens die oorsigkonferensie by Staatshuis om die jaar se vordering met sy Harambee-welvaartsplan te bespreek gesê, sy droom vir Namibië is ''n samelewing waar 80% tot 90% van die mense ''n middelklas-leefstyl lei, met net 5% skatrykes en 5% armes, alhoewel daar geen uiterste armoede in sy droom sou bestaan nie. Die Harambee-plan is bedoel om dié droom vroeër eerder as later te bewaarheid. Volgens die president het Namibië maar min skatryk mense, veral in terme van Amerikaanse dollar-miljardêrs. "Daarom is dit heel moontlik vir ons om ''n gelyke situasie te skep waar 80% tot 90% deel van die middelklas is, en die regering op die swakkes en die behoeftiges konsentreer.

























Comments