Die omstrede jong Swapo-vuurvreter, mnr. Bernardus Swartbooi, is gistermiddag sy pos van adjunkminis
- Dec 14, 2016
- 1 min read

Swartbooi het hom die staatshoof se argwaan op die hals gehaal nadat hy twee naweke gelede onder die minister van grondhervorming, mnr Utoni Nujoma, ingevaar het toe hy die Kai//Khau-fees op Hoachanas toegespreek het. Swartbooi, wat onder Nujoma as adjunkminister gedien het, het volgens die Namibian Sun, uitgevaar oor die wyse waarop die ministerie mense van elders in Namibië in die suide hervestig, terwyl die plaaslike Nama-bevolking, wat hul grond vanweë die Duitse koloniale oorlog verloor het, glad nie uit die hervestigingsprogram voordeel trek nie.

























Comments