NamWater sal voorts sy watertoevoer na Windhoek met 10% verlaag
- Dec 13, 2016
- 1 min read
As reported by Die Republikein

NamWater sal voorts sy watertoevoer na Windhoek met 10% verlaag en water sal op ''n afwisselende basis vanaf die Von Bachdam gepomp word. Dit kan moontlik tot wateronderbrekings of ''n verlies aan waterdruk vanaf middel Desember in die groter Brakwater-gebied lei. Voorts sal drinkwater net vir altesaam 13,4 ure per dag vanaf die Von Bachdam na die hoofstad gepomp word. Pomptye is tussen 04:00 en 09:00, vanaf 11:00 tot 14:24 en tussen 16:00 en 21:00. Dié reëling sal tot die einde van Januarie 2017 geld, waarna pomptye verder verminder sal word indien geen noemenswaardige hoeveelheid water die Von Bachdam binnevloei nie.

























Comments