Ryk Amerikaanse ondersteuners van die Republikeine wat nie tevrede is met Donald Trump as presidensiële kandidaat nie, het stilletjies vooraanstande mense probeer oortuig om saam met hulle die Demokrate se Hillary Clinton te steun.
Verskeie mense het aan die nuusagentskap, Reuters gesê die groep rykes soek nog steun van ander Republikeine wat deur Trump ontnugter is. Hulle word blykbaar aangemoedig deur Clinton en haar verkiesingspan.
'n Voormalige aanklaer en stoere ondersteuner van die Republikeine, Dan Webb sê hy sal nie reg teenoor sy kleinkinders optree as hy vir Trump stem nie.
Trump het talle Republikeine ontsenu met sy uitlatings oor vroue, Mexikane, Moslems en oorlogsveterane.
Comments