Regskenners verwelkom NR se besluit oor burgerskapwet
- Aug 5, 2016
- 1 min read

Die direkteur van die Regshulpsentrum, me. Toni Hancox, sê sy is tevrede dat die proses om die wysigingswetsontwerp op burgerskap te hersien, in sy doel geslaag het. Sy was een van die deskundiges wat Vrydag voor ’n portefeuljekomitee van die Nasionale Raad (NR) oor die grondwetlikheid van die wysigingswetsontwerp getuig het.
Die ombudsman, adv. John Walters, sê die feit dat die regskenners uit die burgerlike samelewing die geleentheid gegun is om hul sieninge met lede van die NR te deel, is vir hom ’n teken dat die NR gestalte gee aan die Grondwet as ’n lewende dokument.
Die menseregtekenner en regsgeleerde, mnr. Norman Tjombe, het op sy beurt gesê dit is goeie nuus dat die NR insig getoon het.

























Comments