Lewis voorspel taai stryd tussen Merrit en Van Niekerk
Aug 5, 2016
1 min read
Die voormalige Amerikaanse Olimpiese atleet, Carl Lewis sê hy verwag dat die 400 meter 'n taai stryd tussen sy landgenoot, LaShawn Merrit en Suid-Afrika se Wayde van Niekerk gaan wees.
Lewis is 'n legendariese atleet wat spog met tien Olimpiese medaljes.
Hy sê LaShawn het 'n goeie jaar gehad en as verdedigende kampioen sal hy sy beste voetjie voorsit.
Comments