Russel-plein mesaanval: Terreur nie uitgesluit
- Aug 4, 2016
- 1 min read

Die Londense polisie het steeds nie die moontlikheid van terreur uitgesluit in verband met die aanval op mense op die Russel-plein in die stad nie.
'n Bejaarde vrou is dood en vyf mense is beseer toe 'n 19-jarige man hulle met 'n mes aangeval het.
Hy is deur die polisie in hegtenis geneem.
Die polisie sê 'n geskiedenis van geestelike ongesteldheid word ook ondersoek.

























Comments